Ekt jou lief 2
|
Category: |
Paintings |
|
Price: |
R 2450.00 |
|
{{variant.name}}:
|
{{opt.name}}
{{opt.name}}
|
toe dit volmaan is
en die maan hang in sy lieflike
goue gloriegeit soos 'n gypsy se kristalbal
nog raaknaby bokant my huis se dak
toe weet ek
vanaand is die aand
nou is presies die tyd.....
en ek klim op die dak
en gaan sit rustig rustig
sodat die maanstrale hulle goudgeit
om my kan vou
en ek sien o okay
die katte weet ook vanaand is die aand
nou is presies die tyd....
want hulle sit ook en wag rustig rustig
En nie lank nie toe kom die engel...
sy gaan sit rustig rustig op die nok van die dak
en ons praat en praat al ons goue maanprate
sodat ek later agteroor lê
met die maan as my kopkussing
en die engel skuif af af al affer
sodat sy ook kan skuinslê
met 'n kat as haar kopkussing
en haar voete dwarsoor my skoot
en ek vryf maanmagic in haar voete in
en sy raak aan my siel met haar vlerkpunt
en sy sê ons is voëls van eenderste vere
en ek sê ja maar jy's meer voël as ek
want jy het vlerke
en sy sê maar jy' s meer engel as ek
want jy het 'n hart van goud
en die katte kom nader en skuur skuur
teen die maan
en teen ons aan
en die maan raak groter en goudter en voller
en die engel raak sagter en sieller
en sy trek die maan en die sterre
hemelrig soos 'n stardust kombers
teen ons aan
en toe raak ek stil
en sy raak stil
en die katte raak stil
en die heelal rondom ons
raak algeheel en al stil
en ons chill
ons chill hierdie maanaand
hierdie engelaand
hierdie incredible lightness of being aand
tot in onse harte en onse siele
en ons verstand en al ons kragte in
tot in aller ewigheid
Amen
©Lidi
500x600 board