Lidi de Waal

 (0)

Shop

Engel in die karoo

Category:
Paintings
Price:
R 1450.00
{{variant.name}}:
{{opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
Description

ek was 14 toe ek vir die eerste keer die karoo engel gesien het
daai jaar het dit vroeg begin reën in oktober
sag en deurdringend en elke nou en dan
amper soos in die boland
pa het gesê dis ń landsreën
die veld was lowergroen
groener nog as genade
en wanneer ek naweke uit die koshuis by die huis was
het ek rant op geloop
verby die waterval
wat nou amper heeltyd ń straal helderblink water gehad het
dan het ek al met die blink heilige karoowaterstroompie
langs geloop oor die mooi plat oker klippe
en waar die stroompie ń poel gemaak het
daar bad ek en ek was my hare
met green apple colgate shampoo
en eendag toe sit die engel daar op die klip
met ń bossie perdekloutjies in haar hand
moenie worry nie sê sy
ek is die bergengel
ek weet al jare van jou
en ek sal waar jy ook al gaan
tot in der ewigheid van jou bly weet
ek sal altyd hier rond wees
en as jy later weggaan en net soms weer terugkom
dan sal jy my hier kom kry
ek is in die skaapbosse en in die kriedorings
in die stilte en die suis van die wind
ek is in die fluitjiesriet en in die blêr van die skaap wat kraal toe kom
in die blou lusernblommetjies en die rooiysterklippe
in die kranse by die poort wat soos dassiepis ruik
ek is van oers af en tot in ewigheid
ek was hier toe jou ouma hier geloop het
en toe ja ma soms hier kom huil of bid of lag het
en is altyd en ewiglik hier vir jou
en as jou kleindogtertjiekinners dalk die gawe kry
om engele raak te leef
dan sal hulle my hier kom kry
en ek sal hulle leer
soos vir jou
om warmte in die koue te vind
en ewige lig in die donker
©Lidi

400x400 blocked board