Lidi de Waal

 (0)

Shop

engel liefde

Category:
Paintings
Price:
R 3000.00
{{variant.name}}:
{{opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
{{opt.value ? '' : opt.name}}
Description

jou binneste geit hier in jou kop

keelaf hartlangs

tot by jou gut

daai stuk waar jou goedvoel of jou kakvoel sit

daai stuk wat jou stem lus maak om te sing

en jou bene lus maak om te spring

wat jou gedigte laat skryf

en jou jou voordeur rooi laat verf

daai deel raak klokslag elke jaar

saam met die herfs

onkapabel

onlus om te rejoice

dis asof my wese al jare wag vir herfs

solat hy verskoning kan hê om sy wiele te laat afval

Dis die lat ek oormore Karoo toe moet gaan

berghuis toe

want die Karoo is my mamma

my engel wat my in haar stil vlerke toevou

die Karoo is my soetwyn

my wyn vir die pyn

my doepa

my windpomp waar ek my kruikie weer kan voltap

Oormore gaan ek Karoo toe

want al is my mamma nie meer daar nie

wag my engelmamma vir my orals

by die poort by die syfer in blouwerf se kamp

in die vlak en by die diepsloot

na klipkraal en dasfontein en goodhope se kant toe

op die werf by hereeniging

ek weet orals orals daar

staan sy oopvlerk en wag vir my

©Lidi

530x530.blocked board